Showing posts with label Die eerste dag. Show all posts
Showing posts with label Die eerste dag. Show all posts

Friday, May 8, 2009

2. Ek sê koebaai


In Bennie se huis is daar baie medaljes en bekers wat hy al op shows gewen het.  Hy sê hy wil met my skou.  Maar gelukkig wil my mamma en pappa nie met my skou nie.  Ek hou nie van skou nie.  Al die mense wat so na jou kyk ...en jy moet reg staan en reg loop.... en 'n vreemde oom en tannie vat sommer aan jou.  Ek sal hulle sommer byt.  Gelukkig sal my ma kyk dat niemand vreemds aan my vat nie!  Ag nee wat, hulle sê ek is net hulle companion - hulle wil nie met my skou nie (sug - is bly daaroor!!!)  Bennie sê hy sal my kom haal en afrig - my pa sê:  dit sal die blêrrie dag wees - nie in 'n miljoen jaar nie!


Hier is my mamma - ek lyk baie soos sy né?  Haar naam is Shodan Shana.  Ek gaan bietjie na haar verlang ....ek dink.  Maar my nuwe mamma is al klaar so lief vir my.  Ek dink sy gaan my lelik bederf!


Hier is my ander boeta en sussa.  Ons is die enigste wittes.  Ons was altesaam 5.  Die ander was tan.  My hart is baie seer oor hulle.  Maar ek het gehoor pappa vra vir mamma waar ek vanaand gaan slaap, toe sê sy "ag maar tussen ons op ons bed".  Dit gaan lekker wees! 

1. Die dag toe my mamma en pappa my kom haal het

My nuwe Mamma het my kom haal!!!!! My pa het R4000 vir my betaal (hy het nog nooit so baie geld vir 'n hond betaal nie).En hy weet dit nog nie, maar die bullieboek se:  die aankoop van jou bullie is maar die eerste uitgawe van baie!!!  Sy is gereed vir my - het  die Bullie manual 3 keer deurgelees, gehighlight wat belangrik is en gemerk (hehehehehe.....she ain't know nothing yet!)


Hier hou my Mamma my die eerste keer vas!  Is ek tog nie te fraai vir woorde nie!
En sy het ietsie lekkers saamgebring om te eet ...... die pad na die hart gaan mos deur die maag!
Hier is Bennie.....ek gaan na hom verlang.......tot nou toe was hy nie enigste mens wat ek geken het.  En hy het so mooi na my en my boetas en sussas gekyk.  Tot 3 uur in die nag opgestaan om vir ons melkies te gee.  En  vir ons lekker Eukenuba gegee met bietjie maalvleisies op.  
Ek dink ek gaan baie na hom verlang.....maar my nuwe Pappa lyk na 'n gawe man en ek dink hy gaan baie lief wees vir my!
27 Augustus 2008
Vanderbijlpark:  Bennie van Niekerk