In Bennie se huis is daar baie medaljes en bekers wat hy al op shows gewen het. Hy sê hy wil met my skou. Maar gelukkig wil my mamma en pappa nie met my skou nie. Ek hou nie van skou nie. Al die mense wat so na jou kyk ...en jy moet reg staan en reg loop.... en 'n vreemde oom en tannie vat sommer aan jou. Ek sal hulle sommer byt. Gelukkig sal my ma kyk dat niemand vreemds aan my vat nie! Ag nee wat, hulle sê ek is net hulle companion - hulle wil nie met my skou nie (sug - is bly daaroor!!!) Bennie sê hy sal my kom haal en afrig - my pa sê: dit sal die blêrrie dag wees - nie in 'n miljoen jaar nie!



No comments:
Post a Comment