My mamma wou my al baie lank hê! Sy het jare gelede 'n foto van 'n Bull Terrier in die Sarie gesien en toe net besluit: dis die hond wat sy wil hê. En toe het sy begin kerm en kerm sy wil 'n hondjie hê. Pa het gedink sy is mal: wat wil sy nou met 'n dom varkhond maak? Dis vicious honde en hy soek nie so 'n hond nie!
En toe word sy 50.
En sy koop toe "sommer om te kyk" die Dog Directory by Woolies (nogal) en sien die advertensie van Bull Terriers daarin. Maar ..... dit bly toe maar net daarby ....... manlief het mos gesê hy soek nie 'n varkhond nie!

Maar Liezel het toe nou weer 'n plan in die kop en begin toe agter my mamma se rug te konkel. Sy het al die Bull Terrier telers gekontak, op soek na 'n witte met 'n patch op die een oog.

maar alles was gereed vir my aankoms: my bedjie, my bakkies, 'n wit babakombersie en my eerste maatjie - Roxy.




No comments:
Post a Comment