My nuwe Mamma het my kom haal!!!!! My pa het R4000 vir my betaal (hy het nog nooit so baie geld vir 'n hond betaal nie).En hy weet dit nog nie, maar die bullieboek se: die aankoop van jou bullie is maar die eerste uitgawe van baie!!! Sy is gereed vir my - het die Bullie manual 3 keer deurgelees, gehighlight wat belangrik is en gemerk (hehehehehe.....she ain't know nothing yet!)
Hier hou my Mamma my die eerste keer vas! Is ek tog nie te fraai vir woorde nie!
En sy het ietsie lekkers saamgebring om te eet ...... die pad na die hart gaan mos deur die maag!
Hier is Bennie.....ek gaan na hom verlang.......tot nou toe was hy nie enigste mens wat ek geken het. En hy het so mooi na my en my boetas en sussas gekyk. Tot 3 uur in die nag opgestaan om vir ons melkies te gee. En vir ons lekker Eukenuba gegee met bietjie maalvleisies op.
Ek dink ek gaan baie na hom verlang.....maar my nuwe Pappa lyk na 'n gawe man en ek dink hy gaan baie lief wees vir my!27 Augustus 2008
Vanderbijlpark: Bennie van Niekerk

Die lieflikste storie...so geniet! Mag jou hondjie nog hope vreugdes bring!
ReplyDelete